top of page

Tetelestai Middelburg se ontstaan.

Tetelestai Middelburg, Mpumalanga, se ontstaan is te danke aan 'n huisselgroep wat Woensdagaande gehou was. Hierdie selgroep was besig vir ongeveer 8jaar onder leiding van Past. Peet Fourie.  Die selgroup het met ses persone begin, Lieb Opperman, Filicity Opperman, Lucas J/v Rensburg, Sonya Fourie, Cori-Ann Fourie en Past. Peet Fourie.

Soos die huissel voortgegaan het, het die begeerte al hoe sterker geword en later was 'n ernstige oorweging gemaak om 'n Kerk in Middelburg te begin.  Hierdie gedagte het baie lank in ons gedagtes gedraai en ons het hieroor gebid

en gewag op 'n antwoord vanaf die Here.

 

Ons gebede is bevestiging deur antwoorde wat aan ons gegee is op verskillende wyses oor 'n paar jaar:

 

1.  Die eerste bevestiging was tydens die konferensie van 2013 met die tema “2013 die jaar van oorvloed”waar ons

        Woord ontvang het dat dit tyd geword het om deur die deur te gaan en in oorvloed te wandel.

 

2.  Die tweede bevestiging was gewees tydens 2014 se konferensie met die tema “Gaan sê aan die huis van Jakob

        en verkondig aan die kinders van Israel” waar ons Woord ontvang het dat ons die voet op die waters moet sit.

 

3.  Die derde bevestiging was tydens 2015 se konferensie gewees waar die tema “Julle wat die Here herinner aan Sy

        beloftes moenie rus nie” was en ons weer Woord ontvang het dat ons God moet herinner aan Sy beloftes en

        nie moet swyg totdat Hy dit bevestig het nie.

 

4.  Die vierde bevestiging was drie keer bevestig aan Pastoor Peet op verskillende wyses deur middle van

        verskillende Predikers wat die finale oortuiging was dat Middelburg ’n gemeente moet begin.  Dieselfde

        Woord was elke keer sigbaar tydens al die bevestigings.  Ek haal aan:

 

Hand. 26:16 sê: “Maar rig jou op en staan op jou voete, want hiertoe het Ek aan jou verskyn om jou te bestem tot

                         'n dienaar en getuie van die dinge wat jy gesien het en van die dinge waarin Ek nog aan jou sal 

                         verskyn,”

Joh. 15:16 sê: “Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en

                     dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.”

 

Ons het groot vreugde hierin geput en dit is een van die hoogte punte van ons lewe – en ons sien daarna uit om

ons bediening ’n stap verder te vat.  Op 24 Mei 2015 het Tetelestai Middelburg Preekpunt tot stand gekom en op die oomblik hou ons tans net Sondagoggende dienste.  Op 31 Mei 2015 het Tetelestai Middelburg Preekpunt met hulle Sondag skool – K.W.S. begin en op 28 Augustus 2015 het Tetelestai Middelburg Preekpunt met hulle jeugdienste begin.

 

Tetelestai Middelburg preekpunt hou tans hulle Sondagoggenddienste, Sondagskool en jeugdienste in ’n dubbele motorhuis in Middelburg te Jopie Fourielaan 12, Dennesig.  Die Herderspaar van Tetelestai Middelburg Preekpunt is Pastoor Peet en Sonya Fourie.

 

Ek groet u in die kosbare Naam van Jesus Christus.

Past. Peet Fourie.

bottom of page